QuantiFeron – TB Gold In-Tube
September 2006

Allo-immuun anemie van die fetus en die pasgeborene word bemiddel deur antiliggame wat deur die immuunsisteem geproduseer word in respons op vreemde rooibloedselantigene. Hierdie verskynsel vind plaas agv twee redes: 1.) na transfusie van antigenies verskillende fetale selle in die moederlike sirkulasie tydens swangerskap of bevalling (dit lei meestal tot sensitisasie tot antigene van die rhesussisteem [D, C, E, c, e]), of 2.) in die nie-swanger toestand agv terapeutiese bloedtransfusies of naalde wat gedeel word tydens dwelmmisbruik (en dit behels dikwels sensitisasie tot ongewone antigene [Kell, M, Duffy, Kidd, ens.]).

Sifting vir ongewone antiliggame is aangedui in all swanger vroue met 'n positiewe indirekte antiglobulientoets (Coombs-toets).

LET WEL: Die indirekte Coombs-toets is aangedui in alle swanger vroue. Dit sluit Rh-positiewe vroue in, aangesien antiliggame buiten anti-Rh wat ook met hemolitiese siekte van die pasgeborene (HSP) geassosieer word teenwoordig mag wees.

HANTERING VAN 'n SWANGER VROU MET 'n ( EERSTE) POSITIEWE INDIREKTE ANTIGLOBULIENTOETS

Geskiedenis: Identifiseer 'n moontlike bron van sensitisasie
· Vorige swangerskap(pe)?
· Vorige bloedtransfusies?
· Dwelmmisbruik?

Identifiseer die verantwoordelike antiliggaam
1 . Aangesien moederlik - fetal e D - antigeenonverenigbaarheid met ander  antigeenonverenigbaarhede gepaard mag gaan, word 'n volle ongewone antiliggaamsiftingstoets aanbeveel ongeag die moeder se Rh-status.

2. Indien die antiliggaam geïdentifiseer met hemolitiese siekte in die fetus of die pasgeborene geassosieer word, moet die titer bepaal word om fetale risiko te voorspel. 'n Kritiese titer word gedefinieer as die titer wat 'n betekenisvolle risiko vir fetale anemie inhou. In die meeste sentrums word titers vir anti-D van 16-32 en vir anti-Kell van 8-16 as kritiese titers beskou. Moederlike titers word maandeliks opgevolg tot ongeveer 24 weke swangerskapsduur en daarna 2-weekliks. Indien die pasiënt 'n betekenisvolle obstetriese geskiedenis het tov
allo-immunisasie (perinatale sterfte wat verband hou met HPS, nodigheid vir IU bloedtransfusie of ekstrauteriene uitruiltransfusie), is moederlike titers nie aangedui nie omdat dit geen voorspellingswaarde het tov die graad van fetale anemie nie.

3. Bepaling van vaderlike antigeenstatus word ook voorgestel. Dit is veral van waarde in gevalle van sensitisasie tot antigene anders as D. Indien die vader negatief vir die antigeen toets, behoort daar geen risiko vir die fetus te wees nie (sensitisasie kon bv agv 'n vorige bloedtransfusie plaasgevind het). [NOTA: hierdie toets word by die Nasionale Bloedtransfusiediens uitgevoer. Kontaknommer: 011 761 9000]

DIE ONGEWONE ANTILIGGAAM - SIFTINGSTOETS

Hierdie toets word nou deur Lancet Laboratoriums aangebied.

Identifikasie van ongewone bloedgroepantiliggame behels die gebruik van 'n paneel van bloedgroep Oselle wat vir so veel as moontlik bloedgroepantigene getoets is. Die serum wat ondersoek word, word teen hierdie (tot 10) selle van die paneel getoets dmv die antiglobulienmetode. Vergelyking van die resultate met die gedekodeerde inligting (met betrekking tot die paneel) sal uiteindelik die spesifisiteit van die ongewone antiliggaam onthul.

TOETSVEREISTES:
10 ml gestolde bloed (geen gel) en 1 ESTA-monster. Besonderhede van vorige swangerskappe asook huidige swangerskapsduur moet ook voorsien word.

KLINIESE BETEKENIS VAN ONGEWONE ANTILIGGAME
Bloed groepsisteem
 
Antiliggaam*
 
Transfusiereaksie
 
HPS*
 
Rh-hr D
C
E
c
e
Waarskynlik
Waarskynlik
Waarskynlik
Waarskynlik
Waarskynlik
Algemeen
Mag
Mag
Algemeen
Mag
Kell K
k
Waarskynlik
Waarskynlik
Mag
Mag
Duffy Fy
FY
Waarskynlik
Waarskynlik
Mag
Selde
Kidd Jk
Jk
Waarskynlik
Waarskynlik
Mag
Mag
Lewis Le
Le
Mag
Ongewoon
Nee
Nee
MNS S
s
M
N
Waarskynlik
Waarskynlik
Ongewoon
Ongewoon
Mag
Mag
Mag
Ongewoon
P P Ongewoon Ongewoon
Lutheran Lu
Lu
Ongewoon
Waarskynlik
Nee
Mag

LET WEL:
1. Buiten die ABO- en Rh-sisteme is anti-K waarskynlik die mees algemene oorsaak van HPS. Dit mag IgG, IgM of 'n mengsel wees; die IgG-vorm word meeste gevind.

2. Lewis-antiliggame veroorsaak nie HPS nie. Die Lewis-antigeen is swak ontwikkel in pasgeborenes en die anti-Le-immunoglobulientipe is IgM, wat die die plasenta kruis nie.

3. Baie van hierdie antiliggame veroorsaak slegs geringe HPS. Ondersoeke om fetale risiko te
bepaal (afgesien van antiliggaamtiters) sluit seriële amniosenteses in vir delta-OD450- bepalings en MCA-PSV (middel serebrale arterie piek sistoliese velositeit), 'n waardevolle nie-indringende metode om matige tot erge anemie op te tel.
Hantering van die nie-swanger individu met Coombs-positiewe hemolitiese anemie na bevestigde ABO- en Rh-verenigbare bloedtransfusie:

Geskiedenis: Identifiseer 'n moontlike bron van sinsitisasie
Vorige bloedtransfusie(s)?
Vorige swangerskap(pe)?
Dwelmmisbruik?

Identifiseer die verantwoordelike antiliggaam


Vir verdere inligting, kontak asseblief:
DR COLIN DE BRUYN
DR YANNIS PILLAY
DR EMMA WYPKEMA
DR CLIVE SOLDIN
DR MARELIZE ENSLIN
DR WAYNE MACKINTOSH
DR PRUSHINI MOODLEY
DR JOHAN NIEMANN
DR LIEZEL DE WET
DR LINDSAY EARLAM
(011) 358 0720
(011) 358 0718
(011) 358 0813
083 655 1105
083 655 6374
(031) 308 6548
(031) 308 6519
083 652 4414
082 927 6599
(011) 358 0733

LANCET LABORATORIUMS Pretoria:
Skakelbord: (012) 483 0100
Kliëntedienste: (012) 483 0110

LANCET LABORATORIUMS Johannesburg:
Skakelbord: (011) 358 0800
Kliëntedienste: (011) 358 0888

LANCET LABORATORIES Kwa-Zulu Natal:
Skakelbord: (031) 308 6500
Kliëntedienste: (031) 308 6655

 
<< back