|
|
|
|
|
|
Estimated Glomerular Filtration
Rate (eGFR) |
|
Estimated glomerular filtration rate (eGFR)
(calculated creatinine clearance):
Explanation, interpretation and limitations |
| |
| With increasing emphasis on the earlier
detection and management of chronic kidney disease,
estimation of the glomerular filtration rate (GFR) has
assumed greater importance. Serum creatinine alone as a
marker of kidney disease is inadequate, and therefore
several international organisations have recently
advocated reporting of creatinine based estimates of GFR
using formulae, which take into account age, gender and
other variables.
In keeping with these international guidelines,
Ampath has decided to start reporting eGFR together with
serum creatinine. As this involves only a calculation,
it is reported free of charge. We are going to use the
MDRD-formula for calculation. This formula was derived
from the Modification of Diet in Renal Disease (MDRD)
Study, and takes into account the patient’s age, gender
and ethnicity. Because the black population have
relatively high serum creatinine concentrations compared
with Caucasians, a corrective factor needs to be applied
to their results. There is limited published evidence on
the applicability of the formula to South Asians,
Chinese or other ethnic groups, and until such evidence
becomes available, it is probably reasonable to assume
no correction for ethnicity in these latter groups.
Patient weight or height is not required because the
formula normalizes results to a standard body surface
area (BSA) of 1.73 m2.
| Classification of chronic kidney
disease (CKD) (adapted from National Kidney
Foundation) |
| Stage |
GFR |
Description |
| 1* |
> 90 |
Kidney damage with
normal/increased GFR |
| 2* |
60-89 |
Kidney damage with mildly
decreased GFR |
| 3 |
30-59 |
Moderately decreased GFR |
| 4 |
15-29 |
Severely decreased
GFR |
| 5 |
< 15 |
Kidney failure |
* Diagnosis of stage 1 and 2 CKD requires
additional/alternative evidence of kidney damage eg
microalbuminuria or proteinuria.
There are certain limitations to the use of
formulaestimated GFR, including:
- Result should be multiplied by 1.212 in black
population.
- eGFR between 60 and 89 mL/min/1.73 m2 may
indicate mild renal function impairment only in
the presence of microalbuminuria or proteinuria,
which is of clinical significance for patients
with hypertension and/or diabetes.
- eGFR is unreliable at the extremes of body size
and age.
- eGFR underestimates GFR in cases of mildly
reduced, normal and increased (eg. early DM/
pregnancy) renal function.
- eGFR is unreliable in acute renal failure.
The following clinical situations require more
precise knowledge of GFR, and reliance on formula-based
estimates of GFR only should be avoided:
- Use of chemotherapy or other drugs with narrow
therapeutic margin.
- Assessment of kidney donors.
- Muscle wasting disorders, eg paraplegia.
Despite the major limitations of using
formulaestimated GFR’s, it will still improve the
recognition and subsequent management of chronic kidney
disease, compared with use of serum creatinine alone.
For further information, contact:
Drs JC Senekal, L van Niekerk, H Rossouw,
M du Plessis: (012) 427 1800 |
|
|
|
Berekende glomerulêre filtrasie
spoed
(eGFS)
(berekende kreatinienopruiming):
Verduideliking, interpretasie en beperkings |
| Met die toenemende klem op vroeër
diagnose en behandeling van chroniese niersiektes, is
daar ’n groter behoefte aan bepaling van glomerulêre
filtrasiespoed (GFS). Serum kreatinien alleenlik is nie
‘n betroubare merker vir diagnose van
nierfunksieinkorting nie. Gevolglik het verskeie
internasionale organisasies die gebruik van
kreatinien-gebaseerde berekening van GFS aanbeveel, deur
gebruik te maak van formules wat ouderdom, geslag en
ander veranderlikes in ag neem.
In ooreenstemming met hierdie internasionale riglyne
gaan Ampath voortaan die berekende eGFS saam met serum
kreatinien rapporteer. Aangesien die eGFS ’n berekening
is, is daar geen koste aan verbonde nie. Ons gaan van
die MDRD-formule gebruik maak. Hierdie formule is
afgelei van die“Modification of Diet in Renal Disease (MDRD)
Study” en neem die pasiënt se ouderdom, geslag en
etnisiteit in ag. Aangesien die swart bevolking se serum
kreatinien relatief hoër is in vergelyking met
kaukasiërs, moet hulle resultate aangepas word met
behulp van ‘n korreksiefaktor. Vir Suid-Asiërs, Chinese
en ander etniese groepe is voldoende inligting oor die
toepaslikheid van die formule nog nie beskikbaar nie, en
intussen kan aanvaar word dat korreksie vir ander
etniese groepe nie nodig is nie. Die pasiënt se massa en
lengte word nie benodig nie, aangesien die formule
resultate normaliseer na ’n standaard liggaamsoppervlak
area (BSA) van 1.73 m2.
| Classification of chronic kidney
disease (CKD) (adapted from National Kidney
Foundation) |
| Stage |
GFR |
Description |
| 1* |
> 90 |
Kidney damage with
normal/increased GFR |
| 2* |
60-89 |
Kidney damage with mildly
decreased GFR |
| 3 |
30-59 |
Moderately decreased GFR |
| 4 |
15-29 |
Severely decreased
GFR |
| 5 |
< 15 |
Kidney failure |
|
| *Diagnose van stadium 1 en 2 CNS benodig
addisionele/alternatiewe bewys van nierskade, bv
mikroalbumienurie/proteïenurie. |
|
Die volgende beperkinge moet in ag
geneem word met die gebruik van berekende GFS:
- Resultate van swart pasiënte moet met 1.212
vermenigvuldig word.
- ‘n eGFS van 60 – 89 mL/min/1.73m2 kan moontlik
dui op geringe nierfunksie-inkorting in die
teenwoordigheid van ander kenmerke van nierskade
soos mikroalbumienurie of
proteïenurie, wat klinies betekenisvol is vir
pasiënte met hipertensie en/of diabetes.
- eGFS is onbetroubaar by die uiterstes
vanliggaamsgrootte of ouderdom.
- eGFS onderskat GFS in geval van gering verlaagde,
normale en verhoogde (bv. vroeë
DM/swangerskap) nierfunksie. eGFS is onbetroubaar
met akute nierversaking.
Sommige kliniese situasies vereis meer akkurate
bepaling van GFS en daarom word die gebruik van
formule-gebaseerde bepaling van GFS alleenlik, afgeraai:
- Behandeling met chemoterapeutiese of ander
middels met ’n nou terapeutiese venster.
- Evaluasie van potensiële nierskenkers.
- Siektes wat spieratrofie veroorsaak, bv
paraplegie.
Ondanks die genoemde beperkinge, sal die gebruik van
die berekende GFS lei tot vroeër diagnose en effektiewe
behandeling van chroniese niersiekte, in teenstelling
met die gebruik van serum kreatinien alleenlik.
Vir meer inligting kontak:
Drs JC Senekal, L van Niekerk, H Rossouw,
M du Plessis: (012) 427 1800 |
|
|
| << back |
|
|
|
 |
|